Ons gemeente vier in 2026 haar 70ste bestaansjaar. Hieronder verskyn die belangrikste feesgeleenthede, asook die volledige gemeentekalender vir die jaar.

KALENDER 2026

LEESHOEKIE


Die VGK Bellville Leeshoekiegroep bied op 30 September ’n tweetalige bespreking van Dennis Cruywagen se The Spiritual Mandela aan – ’n geleentheid om saam te gesels oor geloof, spiritualiteit en die lewe van Nelson Mandela.

EREDIENS-OOMBLIKKE

CVB-dag, 20 September

Onder die tema “Leading with Purpose, Serving with Heart” het die VGKSA CVB “n besondere dag aangebied. Tydens die erediens het vroue sewe kerse aangesteek: ‘n gedenkkers,’n hoopkers, ‘n kers vir diversiteit en insluiting, ‘n eenheidskers, ‘n kers vir bewusmaking van gendergebaseerde geweld, ‘n kenniskers en ‘n leierskapskers. Die vrouediens-sanggroep het ook gesing.

GEMEENTE-OOMBLIKKE

Foto’s uit die lewe, vieringe en besondere oomblikke van ons gemeente

Blaai deur ons gemeente-oomblikke

KILOMETERS VAN OMGEE