Ons gemeente vier in 2026 haar 70ste bestaansjaar. Hieronder verskyn die belangrikste feesgeleenthede, asook die volledige gemeentekalender vir die jaar.

KALENDER 2026
LEESHOEKIE
’n Verhaal wat inspireer
Ons sien daarna uit om u by VGK Bellville te verwelkom vir die bespreking van Boytjie, die boek van Johnny Davids. Liezel Davids sal die verhaal agter die boek deel en saam met ons nadink oor temas van geloof, hoop, volharding en God se leiding deur die lewe. Almal is welkom om hierdie inspirerende geleentheid by te woon.

