1. Sr Rochelle Strauss-Layman is vanoggend se prediker.
2. Dit is vandag Vrouesondag.
3. TUG-EN DOOPONDERHOUDE: Dinsdag, 2 Junie
***TUG: Onderhoud om 18:30. Dit is die verantwoordelikheid van die lidmate om vroegtydig met hul wyksouderling kontak te maak tugvorms (opheffing en toepassing) moet volgende Sondag, 31 Mei, ingedien word
***DOOP: Onderhoud om 19:00. Voornemende doopouers moet asb. vroegtydig met hul wyksouderling kontak maak vir die voltooiing van die doopvorms. Die Heilige Doop word op 28 Junie bedien.
4. Aansoeke vir volwasse katkisante sluit vandag. Klasse neem ‘n aanvang op Donderdag, 4 Junie om 18:00 (6uur nm)
5. Volgende Sondag 7 Junie sal die Maandelikse dankoffer opgeneem word
6. Die 70ste Feesvierings komitee vra die gemeente se hulp om alle oud predikante en hulle gades, stigterslede oud kerkraadslede, oud Kosters of naaste familie, oud orreliste naasbestaandes, oud koorlede of gades plus brigades se name en kontaknommers vir Sr Marion deur te gee om uitnodigings aan hul te rig, en hul te bedank vir bydraes gelewer oor die jare.
7. Memorabilia (aandenkinge) vir die 70ste jaar feesvieringe is te koop na die erediens by Br Andries Philander.
8. The Youth Ministry will host a Sports Day on 16 June 2026 at 09:00 at URC Bellville, aimed at promoting unity and fellowship across all church groups.All organisations — Church Council, Sunday School, Confirmation Class, Women’s Ministry, and others are invited to enter a team of five for: Netball, Soccer, Volleyball.
Entry fee: R5 per participant.
Food Combo: Boerewors roll & cooldrink• R40 (pre-order) | R50 (on the day). A tuckshop will also be available.
Enquiries & orders: Terri — 066 211 6575
9. Dankie vir die respons op eredienste items. Die volgende datums is steeds beskikbaar vir sangbeurte/ geleenthede vir items tydens die erediens:
| 5 Julie | 12 Julie | 26 Julie |
| 6 Sept. | 20 Sept | 27 Sept. |
Kontak gerus die kerkkantoor indien u ‘n item wil lewer.
10. Wyk 5 hou ‘n Snoek- en Patat braai, op 16 Junie (Jeugdag) by die Kerk. Prys R50. Kontak persone: Brs Melvyn Isaacs 084 815 7182; Rodney Jacobs 079 306 4579
11. SONDAGSKOOL:
** Sondagskoolkinders kan Sondagoggende by hul ouers sit.
** Die Sondagskool personeel rig ‘n versoek aan die gemeente om tehelp met mussies vir ons kinders. Ons wil graag elke kind toerus met ‘n mussie voor die winter vakansie begin. Meer informasie is beskikbaar op die webwerf. By voorbaat dankie
12. Die Vrouebediening hou ‘n fondsinsameling op Sat. 8 Aug. Kaartjies @R50. Dit sal eersdaags by Vrouedienslede beskikbaar wees.
13. SIEKES:
13.1 Sr Veronica Samuels (Wyk 15) is in Tygerberg Hospitaal.
13.2 Voorbidding vir almal van wie ons nie kennis dra nie.
14. Meelewing met naasbestaandes van afgestorwenes
14.1 Ds Kapelaan Trevor Links, Predikant by VGK Goodwood is Vrydag, 22 Mei, oorlede. Begrafnisreëlings: Sat. 6 Junie 2026;
Huisdiens: 8:00 – 9:00; Besigtiging: 9:00 – 10:00 by VGK Vredendal; Amptelike Semi-Militêre Begrafnisdiens: 10:00
14.2 Br Tony Philander (Wyk 9) se begrafnis was reeds gister.
Die Here se vertroosting word die families toegebid.
**************************************
Afkondigings moet asb. teen 11:00 op Donderdae die gemeentekantoor by 021 951 2005; vgkbellville.kantoor@axxess.co.za, bereik.
Die Skriba kan by 067 270 2960 gekontak word.
*****************************************************
GEMEENTE WEBWERF:
www.urcbellville.co.za
#Nuut op die webwerf:
– Afkondigings (onder “Notices”)
– Wyksaktiwiteite (onder “Notices”)
– Mussie initiatief vir die Sondagskool (onder “Notices”)
